Ons Plaasvibe

Ons Waardes

Die Swarrie Manier

Stel Jesus Eerste

Trots

Respek

Omgee

Dissipline

Ons Visie

Om ‘n gelukkige en trotse skoolgemeenskap te wees!

Ons Missie

Ons streef daarna om elke kind tot sy volle potensiaal te ontwikkel, om met nederigheid elke geleentheid in ‘n oorwinning te omskep.

Swarrie BestuurSpan

Me. E Geerlings
Hoof

Me. I Rheeders
Adjunkhoof

Me. M Vogel
Departementshoof
Grondslagfase

Mnr. W Fourie
Departementshoof
Akademie

Mnr. A Korf
Departementshoof
LTSM & SOS

Mnr. K Kendall
Departementshoof
Fisiese Fasiliteite

Me. Riana du Toit
Departementshoof
Tale

Uit Die Hart Van 'n Swarrie-Ouer

‘n Skool wat soos familie voel, waar jou kind die vrymoedigheid het om aan verskeie aktiwiteite deel te neem en nuwe dinge te probeer sonder onnodige druk of ‘n kultuur waar kompetisie alles oorheers.

Wat ons die meeste beïndruk, is dat dit duidelik is dat die skool se prioriteite nie deur geld of prestasie alleen gedryf word nie, maar waar die uitleef van waardes belangriker is.

Hier het ons ‘n warmte en vriendelikheid beleef die dag toe ons hier ingestap het en ‘n atmosfeer wat ons by geen ander skool ervaar het nie.

Ek sien in hoé my kinders leef en lag, dat hierdie ‘n plek is waar hulle nie net opgevoed word in karakter nie, maar die “tools” kry om eendag die wêreld in te gaan.

My kinders floreer hier en selfs dié wat reeds op hoërskool is, verlang steeds terug na die wete dat hulle werklik raakgesien en waardeer was.

Laerskool Swartkop – Rotsvas en Koersvas sedert 1969

Kontak Ons Vir Meer Inligting