
By Laerskool Swartkop glo ons dat ons Swarrie Skapies nog kind moet wees. Ons werk teen ‘n gesonde pas, waar leer en speel hande vat en ‘n gelukkige Swarrie gevorm word tot sy/haar volle potensiaal.
Inskrywingsvorm

Ontmoet vir Tjoppie
Tjoppie is ons geliefde gelukbringer en vriend van elke Swarrie en Swarrie Skapie.
In Lukas 15:4-5 vertel Jesus die gelykenis van die verlore skaap. ’n Pragtige verhaal wat God se onvoorwaardelike liefde illustreer. Soos die herder die nege-en-negentig skape agtergelaat het om die een verlore skaap te gaan soek, so wys God sy liefde vir elke mens.
Dit is waarom ons gelukbringer, Tjoppie, ’n skaap is. Hy herinner ons daaraan dat elke persoon waardevol is, geliefd is en raakgesien word. Net soos Jesus die verlore skapie gaan soek het, glo ons dat Tjoppie oral waar hy gaan liefde, vreugde en hoop uitdra.
Swarrie Skapies In Aksie




