Akademie
By Laerskool Swartkop bied ons ‘n gebalanseerde, uitdagende en inklusiewe akademiese program aan wat leerders toerus met die kennis, vaardighede en waardes om hul volle potensiaal te bereik.
Inskrywingsvorm

Onderrig by Laerskool Swartkop is leerdergesentreerd en bevorder aktiewe deelname, kritiese denke en probleemoplossing. Verskillende onderrigstrategieë, insluitend differensiasie, samewerkende leer en geïntegreerde leer, word toegepas om aan diverse leerbehoeftes te voldoen. Vanaf graad 1 tot 7 volg ons die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (CAPS) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys.

Terugrapportering Aan Ouers
Ouers word deurgaans op hoogte gehou van leerders se vordering deur onder meer die volgende:
Ouermiddae
Kwartaalverslae
Insae in en ondertekening van leerders se skrifte en toetse
Assesseringslêers
Kommunikasie deur middel van ‘n e-pos


Akademiese Hulpverlening
Die skool volg ’n inklusiewe benadering deur vroeë identifikasie van leerhindernisse, implementering van intervensies en samewerking met ouers en ondersteuningsdienste en word volgens die SIAS-beleid en SBST-beleid gedoen.
Akademiese Middae
Alle personeel is beskikbaar op Woensdae om leerders wat hulp nodig het, met akademiese werk te ondersteun. Hierdie tyd word ook gebruik om assesserings in te haal, met leerders wat afwesig was.
Personeel wat byvakke aanbied, is weekliks beskikbaar om enige leerder wat hulp benodig te ondersteun. In die hoofvakke (Afrikaans, Engels en Wiskunde) is daar oop- en geslote dae:

Oop Dae
Enige leerder is welkom om na ‘n personeellid te gaan vir hulp of ondersteuning. Leerders moet vooraf registreer. Elke onderwyser het `n registrasievorm teen hul klas se venster op, waarop leerders hul naam kan skryf, asook dit waarmee hulle hulp nodig het.

Geslote Dae
Geïdentifiseerde leerders wat genooi word vir ekstra hulp of ondersteuning moet dit bywoon. Hierdie dae is die personeel nie beskikbaar om ander leerders te ondersteun nie.
