Kultuur

Kultuur By Swarries

Centurion Kunstefees

By Laerskool Swartkop vier ons jaarliks die kreatiwiteit en talent van ons leerders by die Centurion Kunstefees. Leerders kry die geleentheid om hul vaardighede in verskeie kultuurafdelings ten toon te stel, waaronder poësie, voordrag, lees, beeldende kuns, solosang en redenaars.

Ons Junior- en Senior Revuegroepe tree ook met trots by die kunstefees op, terwyl spreekkore gereeld deel vorm van ons kultuuraanbod.

Die Centurion Kunstefees bied aan elke leerder ‘n platform om selfvertroue te ontwikkel, kreatiwiteit uit te leef en waardevolle verhoog- en wedstrydervaring op te doen. By Swarries is ons trots op ons kultuurleerders wat jaar ná jaar hul talente met passie en trots uitleef.

Kultuur By Laerskool Swartkop

Me. Doné Griessel
Kultuurhoof
kultuur@laerskoolswartkop.co.za

Junior & Senior Revue

Revue is 'n dinamiese verhoogproduksie waarin sang, musiek en dans saamvloei om 'n tema op kreatiewe wyse uit te beeld. Dit bied leerders die geleentheid om hul talente te ontwikkel, selfvertroue te bou en deel te wees van 'n opwindende span.

Ons Junior Revue is vir leerders van graad 1 tot graad 3 en bestaan uit 'n maksimum van 50 leerders. Dit is die ideale geleentheid vir jong kunstenaars om hul eerste tree op die verhoog te gee, nuwe vaardighede aan te leer en te ontdek of die uitvoerende kunste hul passie is. Die Senior Revue bestaan uit ongeveer 50 tot 80 leerders van graad 5 tot graad 7. Leerders word deur formele oudisies gekies en oefen vanaf Kwartaal 1 tot 3 om 'n skouspelagtige produksie op die verhoog te lewer.

Solosang

By Laerskool Swartkop kry leerders van Graad 1 tot Graad 7 die geleentheid om hul sangtalent te ontwikkel en uit te leef. Ons solosangers word deur bekwame onderwysers met 'n sterk musiekagtergrond afgerig en begelei om hul beste te lewer.

Leerders neem deur oudisies deel aan die solosanggroep en kry die geleentheid om by verskeie kompetisies en kunstefeeste op te tree. Hierdie ervaring help hulle om hul selfvertroue te versterk, verhoogervaring op te doen en hul musikale vermoëns verder te ontwikkel.

By Swarries glo ons dat musiek inspireer, selfvertroue bou en elke leerder die kans gee om sy of haar unieke talent te laat skitter.

Toneel

Ons toneelgroep bied aan leerders die geleentheid om hul dramatiese talent te ontwikkel en met selfvertroue op die verhoog te presteer. Ons neem deel aan verskeie kompetisies, waaronder Pronk Pret, Centurion Kunstefees, Artistuculta, Pretoria Eisteddfod en ATKV Tjokkertoneel, waar ons konsekwent uitmuntende resultate behaal.

Redenaars

Redenaars is die kuns van openbare redevoering en oorreding in Afrikaans, waar leerders met selfvertroue hul menings lig. Alle leerders van Gr. 1 tot 7 lewer beredenerende toesprake in die klas, waar leerders dan gekies word om aan ons skool se interne redenaarskompetisie deel te neem.

Hul kry ook geleentheid om onder andere by die ATKV-Redenaars en Centurion Kunstefees deel te neem.

Dansakademie

Die Laerskool Swartkop Dansakademie word as ‘n buitemuurse aktiwiteit aangebied in 'n veilige, kreatiewe en energieke omgewing. Hier kan dansers van Graad RR tot Graad 7 hul talente in Ballet en Modern ontwikkel. Ons fokus daarop om elke danser se selfvertroue, tegniek en liefde vir dans te laat groei, terwyl hulle ook dissipline, deursettingsvermoë en selfuitdrukking ontwikkel.

Leerders kry jaarliks die geleentheid om aan verskeie danskompetisies deel te neem, waar hulle hul vaardighede ten toon stel en waardevolle ervaring opdoen. Ons is trots daarop dat hul harde werk en toewyding aan die einde van die jaar met amptelike skoolmeriete erken word.

Me. Carien Grobler - dans@laerskoolswartkop.co.za 