Sport

Sport By Swarries
Meer As Net 'n Wedstryd
By Laerskool Swartkop is sport ‘n integrale deel van elke leerder se ontwikkeling. Ons bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan waar leerders hul talente kan ontdek, nuwe vaardighede kan ontwikkel en hul volle potensiaal kan bereik.
Vir ons gaan sport oor veel meer as die uitslag van ‘n wedstryd. Dit is ‘n geleentheid om karakter te bou, spanwerk te bevorder, dissipline aan te leer en selfvertroue te versterk. Ons is trots op leerders wat ons skool met toewyding, passie en respek op én langs die sportveld verteenwoordig.

Ons Visie
Om elke leerder se deelname aan sport te bevorder en hul volle potensiaal te ontwikkel in ‘n positiewe, ondersteunende omgewing.

Ons Missie
Ons streef daarna om ‘n sportomgewing te skep waar elke leerder die geleentheid kry om sport met vreugde en selfvertroue te beleef. Deur deelname volgens elke leerder se vermoëns en belangstellings, ontwikkel ons basiese en gevorderde sportvaardighede, bou karakter en bevorder ons ‘n lewenslange liefde vir fisieke aktiwiteit en sport.
Sport By Laerskool Swartkop

Mnr. Jaco Miller
Sporthoof
sport@laerskoolswartkop.co.za
Fotos Geneem Deur Charmaine Botes Visser

Rugby
Rugby word vir seuns in die o/9- tot o/13-ouderdomsgroepe aangebied. Laerskool Swartkop is geaffilieer by die Blou Bulle Laerskole Rugbyvereniging en neem deel aan die B-Liga.
Ons rugbyprogram bied leerders die geleentheid om hul talent op die veld te ontwikkel terwyl hulle belangrike lewensvaardighede soos spanwerk, dissipline, kommunikasie, respek en kameraadskap aanleer. Rugby speel ook 'n waardevolle rol in die bevordering van 'n gesonde en aktiewe leefstyl.

Bulletjierugby
Bulletjierugby is 'n nie-kontaksport wat daarop fokus om basiese rugbyvaardighede te ontwikkel en leerders voor te berei vir suksesvolle inskakeling by die senior rugbyprogram. Die program bied 'n veilige, prettige omgewing waar jong spelers selfvertroue kan bou en 'n liefde vir rugby kan ontwikkel. Seuns en dogters vanaf graad RR tot graad 2 is welkom om deel te neem.
Bulletjierugby is 'n ouergedrewe program en ons moedig ouers, wat belangstel om met afrigting of ondersteuning te help, aan om hul hand op te steek. U betrokkenheid dra by tot die sukses van ons spelers en die program.

Krieket
Krieket word aangebied vir leerders in die o/9- tot o/13-ouderdomsgroepe. By Laerskool Swartkop kry spelers die geleentheid om hul individuele vaardighede binne 'n spanomgewing te ontwikkel en uit te leef.
Die skool is geaffilieer by die Titans Krieketunie en neem gedurende die derde kwartaal deel aan die georganiseerde Titans Laerskole-krieketliga. Ons is trots op ons ryk kriekettradisie en die talle provinsiale spelers wat deur die jare uit ons geledere gekom het. Hierdie trotse nalatenskap inspireer ons om voort te gaan om talent te ontwikkel en 'n kultuur van uitnemendheid te bou.

Little Titans Krieket
Die Little Titans-program is ontwerp vir leerders vanaf graad RR tot graad 2 en bied aan jong spelers die geleentheid om reeds op 'n vroeë ouderdom 'n liefde vir krieket te ontwikkel.
Hierdie program vorm die grondslag vir toekomstige deelname aan krieket by Laerskool Swartkop. Die ontwikkeling van ons jong spelers word ondersteun deur toegewyde ouers wat opleiding ontvang en onder leiding van die Little Titans-krieketorganiseerder werk.

Netbal
Netbal vorm 'n belangrike deel van ons skoollewe word aangebied vir o/10 tot o/13 dogters. Deur gereelde oefeninge en wedstryde ontwikkel spelers hul tegniese vaardighede en spelkennis.
Oefeninge vind elke Dinsdag en Woensdag plaas, waar spelers voorberei vir vriendskaplike- en ligawedstryde. Ons glo dat elke wedstryd – of dit 'n wen of 'n verloor is – 'n waardevolle geleentheid bied om te leer, te groei en met nuwe vasberadenheid terug te keer.

Mandjiebal & Mini-Netbal
Ons jong netbalspelers kry reeds vanaf graad R die geleentheid om hul liefde vir die sport te ontdek. Graad R-dogters neem aan Mandjiebal deel – 'n aangepaste vorm van mini-netbal waar vyf speelsters op een derde van 'n netbalbaan speel. Die fokus val op spelgenot, spanwerk en die aanleer van die basiese vaardighede wat die grondslag vir toekomstige netbalsukses lê.
In graad 1 tot graad 3 speel die dogters Mini-Netbal. Elke span bestaan uit agt speelsters wat ná elke helfte van posisie verwissel sodat almal die geleentheid kry om verskillende rolle op die baan te ervaar. Geen telling word gehou nie. Die klem val op deelname, vaardigheidsontwikkeling, selfvertroue en die vreugde van die spel.

Hokkie
Hokkie word vir seuns en dogters vanaf graad 4 tot graad 7 aangebied. Gedurende die derde kwartaal oefen ons spanne gereeld op die astro, waar spelers hul tegniese vaardighede, fiksheid en spanwerk opskerp ter voorbereiding vir die ligawedstryde.
Ons glo daarin om elke leerder aan te moedig om sy of haar beste te gee, ongeag ervaring of vaardigheidsvlak. Deur toegewyde afrigting, gereelde oefening en gesonde kompetisie ontwikkel spelers nie net hul hokkievaardighede nie, maar ook belangrike lewenswaardes.

Mini-Hokkie
Mini-hokkie skop elke jaar in die derde kwartaal af met 'n vaardigheidskliniek op die astro by Hoërskool Eldoraigne. Seuns en dogters vanaf graad RR tot graad 3 is welkom om deel te neem. Ons mini-hokkieprogram bied aan ongeveer 100 leerders die geleentheid om hul hokkievaardighede te ontwikkel.
Leerders in graad R tot graad 3 neem gedurende die seisoen aan vier toernooie deel wat deur Mini-Sports op Saterdae aangebied word. Die seisoen word afgesluit met ons jaarlikse Mini-hokkietoernooi by Hoërskool Eldoraigne – 'n hoogtepunt op die kalender waaraan vier buurskole jaarliks deelneem. Graad RR-leerders sluit hierdie jaar vir die eerste keer by ons vaardigheidsprogram aan. Hierdie groep neem nog nie aan wedstryde of toernooie deel nie.

Landloop
Landloop word vanaf graad R tot graad 7 aangebied en is ‘n sport vir elkeen! Of jy nou jou eerste treë op die landloopbaan gee of reeds 'n ervare hardloper is, ons verwelkom almal en poog om ‘n liefde vir hardloop te kweek. Leerders oefen regdeur die jaar en word in twee groepe ingedeel: 'n beginnergroep en 'n meer gevorderde groep. Só kan elke leerder op sy of haar eie vlak ontwikkel en met vreugde aan die sport deelneem.
Gedurende die tweede en derde kwartaal neem ons met trots aan landloopligas deel. Hier kry leerders die geleentheid om hul vaardighede te toets, nuwe vriendskappe te bou, deursettingsvermoë te ontwikkel en ons skool met trots te verteenwoordig.

Atletiek
By Laerskool Swartkop word atletiek vanaf graad 1 tot graad 7 aangebied. Ons fokus op die ontwikkeling van elke leerder se atletiese vermoëns deur gestruktureerde afrigting, gereelde oefening en positiewe motivering.
Ons toegewyde afrigters kry gereeld ASA opleiding en gee opreg om vir elke atleet se groei en welstand. Deur ondersteuning, dissipline en deursettingsvermoë help ons leerders om selfvertroue te bou en hul volle potensiaal te bereik. Ons streef daarna om nie net vaardige atlete te ontwikkel nie, maar ook ‘n lewenslange liefde vir atletiek te kweek.
Ons glo dat harde werk, spanwerk en volharding elke leerder kan help om hul beste te lewer.

Gholf
Gholf word vir leerders in graad 4 tot graad 7 aangebied, met die liga wat gedurende die vierde kwartaal plaasvind.
Leerders wat wil deelneem, behoort reeds oor 'n goeie kennis van die spel te beskik en ervaring op 'n gholfbaan te hê. Proewe word gehou waarna die top agt spelers, asook een reserwe, vir die span gekies word. Verdere besonderhede oor die seisoen en proewe sal betyds aan ouers en leerders gekommunikeer word.

Tennis
Tennis word regdeur die jaar vir leerders vanaf graad R tot graad 7 aangebied. Ons afrigter, Zelda Paulsen, bied afrigting aan en help elke speler om sy of haar vaardighede te ontwikkel.
Tennisligas vind gedurende die eerste en derde kwartaal plaas en leerders vanaf graad 1 tot graad 7 neem aan die liga deel. Graad 1 tot graad 5-leerers speel in die o.11-span, terwyl graad 6 en graad 7-leerders deel vorm van die Oopspan.
Gedurende die tweede kwartaal kry spelers die geleentheid om mekaar uit te daag om hul posisies op die ranglys te verbeter. In die vierde kwartaal speel ons 'n tennis-rondomtalie, wat gebruik word om die leerspanne vir die volgende jaar se liga saam te stel.

Ruitersport
Ons skool bied perdry as ’n opwindende buitemuurse aktiwiteit vir leerders wat ’n passie vir perde en ruitersport het. Leerders neem deel aan kompetisies en ontwikkel nie net hul ruitervaardighede nie, maar ook dissipline, verantwoordelikheid en selfvertroue.
Om amptelike erkenning en meriete aan die einde van die jaar te ontvang, moet leerders by South African National Equestrian Schools Association (SANESA) geregistreer wees. Hierdie registrasie verseker dat hul prestasies by erkende kompetisies aangeteken en erken word volgens nasionale standaarde.

Fietsry
Fietsry is 'n opwindende sport wat leerders die geleentheid bied om hul fiksheid, vaardighede en selfvertroue te ontwikkel, terwyl hulle 'n liefde vir die buitelewe en avontuur kweek. Die sport bevorder nie net fisiese ontwikkeling nie, maar leer leerders ook die waarde van deursettingsvermoë, dissipline en verantwoordelikheid.
Ons neem deel aan die Gauteng Laerskole-fietsryliga, waar leerders aan georganiseerde oefensessies en ligawedrenne deelneem. Die liga bestaan uit vyf Saterdagwedrenne gedurende die seisoen, met roetes wat wissel van toeganklike grondpaaie tot meer uitdagende bergfietsroetes.
Fietsry word aangebied vanaf graad 1 tot graad 7.

Skaak
Skaak is die ideale sport vir leerders wat daarvan hou om uitdagings aan te pak, strategies te dink en terselfdertyd pret te hê. By Laerskool Swartkop bied ons skaak aan vir alle leerders vanaf graad R tot graad 7 – van beginners wat die spel wil leer tot ervare spelers wat hul vaardighede verder wil ontwikkel.
Ons spanne bestaan uit ses spelers wat volgens rangorde meeding en word deur ervare buite-afrigters afgerig. Gedurende Kwartaal 2 neem ons aan ligawedstryde deel.