Raak betrokke
Raak Betrokke
Saam Bou Ons 'n Sterker Swarrie-familie
Daar is baie maniere waarop jy kan betrokke raak en ‘n verskil kan maak.
Kyk hieronder hoe jy jou tyd, talente of hulbronne kan deel.

Bidgroep
Kom bid saam vir die skool, personeel en leerders. Elke Donderdagoggend 07:00 – 07:15.

Papprojek
Warm pap word voor skool voorsien aan die behoeftige maats om die dag reg te begin.

Broodjie-Projek
Broodtjie, vrug en soms ‘n bederf vir behoeftige maats tydens pouse.

Koskas
Maandelikse kruidenierspakke word gepak vir behoeftige gesinne in ons skool.

Borgskap
Ons nooi individue en besighede uit om saam met ons in ons skool se toekoms te belê deur borgskap te oorweeg, of dit nou finansiële ondersteuning, produkte, dienste, handewerk of jou tyd en vaardighede is.
